11-jarige vas vir moord op 6-jarige

ʼn Elfjarige seun is Dinsdag in St. Francisbaai in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn sesjarige seun.

Bazil Seekoei, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, sê die slagoffer, Deacon Anoster, is Maandagaand as vermis aangemeld. Die kind se liggaam is later die aand deur ʼn gemeenskapslid gevind. Hy het steekwonde aan sy nek gehad.

Seekoei sê ʼn groep seuns tussen die ouderdom van ses en 11 is deur die polisie ondervra en later weer later vrygelaat voor die verdagte in hegtenis geneem is. Die seun word in ʼn plek van veiligheid aangehou. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Angelique ·

Dis verskriklik. Mense, ons moet vir ons kinders bid, sodat hulle beskerm sal word van die aanslagte daarbuite. Dit word nou al so allerdaags, soos brood en melk koop. Die vyand het gekom om te steel, te roof en te verwoes. Hy is uit daarop om ons kinders se lewens te steel, want hy weet dat God groot planne met ons kinders het vir Sy koningkryk. Bid mense, soos nog nooit van te vore nie. Ons land is oorgegee aan voorvadergeeste. Daars dinge oor ons land oopgemaak en losgemaak wat ons nie eers kan begin indink nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.