11-jarige verkrag om ma te straf

ʼn Man het glo sy 11-jarige stiefdogter ses aande na mekaar verkrag om haar ma, wat hy geglo het ontrou aan hom was, te straf.

Pretoria News berig dat die stiefpa MIV-positief is. Die inligting het vorendag gekom tydens die stiefpa se appelaansoek in die hooggeregshof in Pretoria teen sy skuldigbevinding op ses aanklagte van verkragting en sy vonnis van lewenslange tronkstraf. Sy aansoek om sy vonnis te verminder is van die hand gewys. Die ma het vroeër getuig dat haar drie kinders saam in ʼn kamer geslaap het en dat sy hulle in hulle stiefpa se sorg gelaat het om ʼn begrafnis by te woon. Die 11-jarige meisie het haar ma van die verkragting vertel met haar terugkeer. Haar sewejarige suster, wat die verkragtings aanskou het, het dit bevestig.

BRON: Pretoria News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christo ·

Wat ‘n barbaar! Daar is geen groter barbaar as die mens nie!

HELENA SEABORNE ·

siek, siek, siek. hang di ding aan sy peester op as dit hom dan so pla. laat die kraaie sy oe uitpik. gemors.

Nellie van Staden ·

Dit was net pure origheid en geen verskoning dat hy die ma wou straf nie…Kap af wat hom so pla..Hy het n kind se lewe verwoes en nou sal sy op so jong ouderdom sit met HIV..

piet ·

WAAR IS DIE DOODSTRAF? OF BETER NOG LOS HOM IN DIE LOKASIE MET N KENNISGEWING VAN WAT HY GEDOEN HET, HULLE SAL HOM UIT SORTEER, JUNGLE JUSTICE IS WAT HIER KORT

william ·

Die mens is die produk van evolusie , daarom is hy nog sterk dierlik. Baie kan nie hulle basiese drange beheer nie. Dit sal nog lank vat vir die mens om sy dierlikheid en barbaarsheid te ontgroei. Ek kan nie glo ons leef in die 21ste eeu nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.