11 sterf in 2014-vliegtuigongelukke

Die vlieënier en passasier het ongedeerd van dié ongeluk weggestap Foto: eadt.co.uk

Die vlieënier en passasier het ongedeerd van dié ongeluk weggestap Foto: eadt.co.uk

Elf mense is reeds sedert die begin van die jaar in vliegtuigongelukke oorlede.

“Al die ongelukke, wat tussen 1 Januarie en 18 Februarie aangemeld is, het in die algemene lugvaartbedryf, en nie die geskeduleerde kommersiële lugvaartbedryf nie, plaasgevind, het die SA Burgerlike Lugvaartowerheid (SABLO) Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Ses mense is in ses ongelukke in Januarie oorlede en vyf mense het vandeesmaand in drie ongelukke gesterf.

Daar was boonop 12 vliegtuigongelukke in Januarie en 10 in Februarie. Alhoewel van die persone ernstig beseer is, is niemand in dié ongelukke oorlede nie.

Poppy Khoza, direkteur van SABLO, het haar medelye aan die families van die afgestorwenes betoon. “Die getal ongelukke is egter hoër as dieselfde periode in die afgelope twee jaar,” het sy bygevoeg. Sy doen ʼn beroep op vlieëniers om ag te slaan op die belangrikheid van veiligheid.

Volgens Khoza vind daar jaarliks gemiddeld 20 noodlottige vliegtuigongelukke plaas en 40 mense sterf gemiddeld jaarliks in hierdie ongelukke. Tussen 2006 en 2013 was daar ʼn afname van 7% in die jaarlikse vliegtuigongelukke.

Die burgerlike lugvaartbedryf sluit klein vliegtuigies wat privaat besit word en ontspanningslugvaart in. “Suid-Afrika se groot geskeduleerde kommersiële lugvaartbedryf is egter een van die veiligste in die wêreld,” het Khoza bygevoeg.

Meeste ongelukke kan toegeskryf word aan vlieëniers wat foute maak, veral diegene met minder as 500 vlugure.

SABLO het onderneem om sy oorsigtelike rol oor vlieëniersopleidingskole te verskerp. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.