11 stropers in die wildtuin doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Elf renosterstropers is al sedert die begin van die jaar in die Kruger-wildtuin doodgeskiet, het SANParke Dinsdag gesê.

“Sewe stropers is tussen Vrydag en Saterdag doodgeskiet,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, in ʼn verklaring gesê. Daar is beslag gelê op jaggewere, ammunisie, strooptoerusting en ʼn paar horings.

Wildsbewaarders en lede van die Suid-Afrikaanse Weermag het glo die stropers geskiet. “Die stropers beweeg in groepe van vier tot ses en is aggressief en hulle skiet op die wildbewaarders sodra hulle opgemerk word. Dit is daagliks ʼn lewensgevaarlike situasie.”

Thakhuli sê twee ander stropers is in hegtenis geneem en daar is in Januarie beslag gelê op ʼn verdere agt vuurwapens.

“Tot soveel as 15 swaar gewapende groepe is in enige gegewe stadium doenig in die Kruger-wildtuin, veral tydens volmaan,” het hy gesê.

Veertig renosters is reeds die afgelope jaar in die Kruger-wildtuin gestroop.

Genl.maj. Johan Jooste, bevelvoerder van die wildbewaarders, het gesê hy is optimisties oor die wildtuin se langtermyn bekampingstrategie. Stropery-voorvalle in die wildtuin het van 72.6% in 2012 gedaal tot 42.6% in 2013. Altesaam 123 mense is in 2013 in verband met stropery in die wildtuin in hegtenis geneem. “Dit hang nou af van die aanklaers, ondersoekbeamptes en die Suid-Afrikaanse Polisiediens om dit waarmee ons begin het, af te sluit,” het Jooste gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ria Maritz ·

Jammer, ek het geen traan te stort nie – kry vir julle !

pieter potgieter ·

Mooi gedoen manne. Skiet die stropers en roei hulle uit. Kry sommer die chinese wat bome afsaag want hulle boor gate in die stompe om die horings uit te vat.

MATILDA ·

WELL DONE, JAMMER DIT IS NIE MEER NIE EN JAMMER HULLE NEUSE IS NIE EERS AF GESNY NIE EN HULLE GELOS DAT HULLE DOOD BLOEI EN DAN EERS N SKOOT GEGEE NIE. DAMM. MAAR WONDERLIK SKIET HULLE. DALK VOLGENDE KEER GEE HULLE EERS LEIDING WANT DIE GOED VERDIEN DIT !!!

Linda ·

Wonderlike nuus – egter nie goed genoeg nie!! – verdubbel die syfer voor die einde van Januarie asseblief – goeie werk hou so aan

JD ·

Matilda ek stem nie heeltemal met jou saam nie! Nie neuse nie, skattebol, maar wel hul horings!!! En laat hulle dan hulself doodbloei!!!

Maar hoekom word sommige in hegtenis geneem en nie afgemaai nie?????Hulle kom mos om moord te pleeg met voorbedagte rade. Skiet die goed summier!!!!!

Lukie ·

Nee. Hulle kan net net sommer skiet nie. Hulle kyk eers baie goed want hulle kan dalk kolegas identifiseer. Hulle word dan sagkuns hanteer en met mercedese van die toneel af verwyder.

Lukie ·

Ek wou nog se. Daar is baie poletiek verbonde aan hierdie renoster stropery. Die doanne beamptes maak vet geld met hierdie ding. Ek sou ook al die pad bank toe gelag het. Ek glo daar is net een spesiale doanne kantoor geskep wat al hierdie smokkel handel hanteer. Daar word seker net getel en nie ge-check nie. Ek glo die geldwaarde van al daardie onwettige handel sal maklik die GDP va sa ver verby steek. In die ou dae het ons gepraat van die IRP. Wat gestaan het vir ‘IN ROODYS POCKET”. Die roody skandaal. Almal wat ongelukkig is met smokkelhandel wat aangekeer word by lughawens in sa, wou seker nie die helfte van sy buit prysgee by hierdie doanne nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.