11 vas vir dwelms in KZN, 2 kinders weggeneem

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

Elf mense is Maandag in KwaZulu-Natal vir die besit van dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R5 miljoen in hegtenis geneem.

“Die polisie het op ʼn wenk reageer en ʼn perseel in Umhlanga deursoek,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het 11 persone konfronteer wat glo besig was om die dwelmmiddels in strooitjies te verpak wat op die straat verkoop sou word.”

Die ses vroue en vyf mans, insluitend ʼn persoon van Burundi, sal na verwagting Donderdag in die Durbanse landdroshof verskyn.

“Twee kinders, onderskeidelik drie en nege jaar oud, is van die perseel verwyder en na ʼn plek van veiligheid geneem,” het Zwane bygevoeg.

Die polisie het beslag gelê op 100 Mandrax-tablette, ʼn groot aantal suikers (ʼn mengsel tussen kokaïen en heroïen) en heroïen-poeier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GawieM ·

Solank ons grense oop is vir enige iemand om te kom en te gaan sal dit toeneem so ook ander misdaad.

Peter Says ·

Hierdie goed is niks anders as moordenaars nie, voer hulle, hulle eie gemors. [ overdose ]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.