12 000 stakende mynwerkers afgedank

Foto: Mike Hutchings/Reuters

Anglo American Platinum het gister 12 000 mynwerkers afgedank omdat hulle vir meer as drie weke lank aan ‘n onwettige staking deelgeneem het.

Volgens die mynbestuur is die stap geneem nadat die werkers nie hul tugverhore bygewoon het nie. Die besluit is deur verskeie instansies met gemengde gevoelens ontvang.
Die Vryheidsfront Plus sê dit is ʼn gevaarlike stap maar hopelik ʼn stap in die regte rigting om chaos in die mynbedryf te stabiliseer.
RSG berig dat Cosatu sê die besluit is nie geregverdig nie. Die vakbond gaan saam met die mynvakbond NUM, Anglo American nader om die saak te bespreek. Verskeie mense van die Rustenburg-omgewing is reeds weens die gewelddadige staking dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.