12 beseer in ongeluk op N12, JHB

Twaalf mense is beseer waarvan vier ernstig, toe ‘n privaatsekerheidsvoertuig en ‘n motor Donderdagoggend op die N12 naby Xavierstraat in mekaar vasgery het, het paramedici gesê.

Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911 lyk dit of die sekerheidsbakkie – met wagte wat agterop vervoer is – in ‘n ander voertuig vasgery het. “Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die beseerde wagte reeds van die bakkie afgeklim en het langs die voertuig bly lê,” het hy gesê. Die beseerdes is op die toneel behandel en na die hospitaal afgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.