Twaalf mense het Donderdag in die Verulam-landdroshof verskyn in verband met dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van ongeveer R5 miljoen.
“Die saak is tot 8 Januarie uitgestel waar die persone formeel aansoek sal doen om borgtog,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.
Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die polisie het Maandag ses vroue en vyf mans, insluitend ʼn persoon van Burundi, in Umhlanga in hegtenis geneem nadat hulle ʼn wenk ontvang het. “Die polisie het 11 persone betrap waar hulle glo besig was om die dwelms in strooitjies te verpak om moontlik op die straat verkoop te word,” het Zwane gesê.
Twee kinders, onderskeidelik drie en nege jaar oud, is van die perseel verwyder en na ʼn plek van veiligheid geneem.
Die polisie het beslag gelê op 100 Mandrax-tablette, ʼn groot hoeveelheid suikers (mengsel tussen kokaïen en heroïen) en heroïen-poeier.
Dit is nie duidelik wanneer die 12de persoon in hegtenis geneem is nie.
Eenvoudige Oplossing, voer die moordenaars die dwelms ” Alles “