12-jarige dood aangetref op Kaapstad-man se bed

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Kaapstad word ondervra nadat ʼn 12-jarige dogter dood aangetref is op sy bed.

“Die polisie is Saterdagaand na Delft ontbied toe inwoners die 26-jarige man aangerand het,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man is op die toneel behandel en is later na ʼn hospitaal geneem.”

Volgens Traut was daar bewerings op die toneel en die polisie is na ʼn huis in Cheesewoodstraat waar hulle op die meisie se liggaam afgekom het.

“Die man voer aan hy dra geen kennis van die voorval nie. Hy het glo vroeër sy huissleutels aan ʼn onbekende man oorhandig,” het Traut gesê. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en moontlik ʼn saak van verkragting, na aanleiding van die uitslag van die nadoodse ondersoek.”

ʼn Negejarige meisie is verlede maand lewend aangetref deur haar familielede nadat ʼn 27-jarige man haar glo verkrag en in die bosse langs die R300-snelweg in Delft aan die brand gesteek het. Die verdagte in dié saak sal volgende maand op aanklag van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Dit gaan elke dag net slegter en slegter in hierdie misdaad hoofstad van die wêreld, waar die land se president verkondig dat dit veilig is en dat misdaad onder beheer is. Wonder hoe sal dit lyk as dit onveilig is?

santina ·

What is happeing why is these people killing our kids our future what is wrong they must suffer the worst death ever

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.