12-jarige lekkergoeddief aangekeer

Argieffoto van Franse lekkernye

‘n 12-jarige van Bordeaux in Frankryk is deur die polisie aangekeer nadat sy gesteelde tjeks gebruik het om lekkernye en lekkergoed ter waarde van €2 600 (ongeveer R33 600) aan te koop.

Die plaaslike polisie het Donderdag gesê sy het in Maart ‘n buurman se tjekboek gesteel en dit oor die afgelope paar maande gebruik om lekkernye by verskeie bakkerye aan te koop. Haar kriminele soettand is ontdek toe ‘n plaaslike bakkery probeer het om 23 van die tjeks te deponeer en dit gehop het. Sy is aangekeer, deur polisie ondervra en in haar ouers se toesig vrygelaat nadat hulle ingestem het om die bakkery terug te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

barry ·

Ag shame sy kon nie kry wat sy so bitter graag wou he nie,en sys n kind gesien Mamma betaal met tjek dis waar sy aan daai iedee gekom het,die winkeleienaars moet maar hul eie skade drae hoekom het hul aan minerjarige besigheid gedoen sies vir julle dom voud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.