12-jarige skiet ma per ongeluk op Oukersaand dood

Argieffoto

Argieffoto

JONGSTE: Die meisie was glo 12 jaar oud. Die berig word só gewysig.

ʼn 12-jarige meisie van Bellville het per ongeluk haar ma doodgeskiet met ʼn windbuks wat haar broer as ʼn Kersgeskenk gekry het, het Beeld Vrydag berig.

Die 45-jarige vrou het op Oukersaand in ʼn hospitaal in Kaapstad gesterf ná die voorval in Oude Westhoff in Bellville.

Die meisie se ouer boetie het die windbuks as Kersgeskenk ontvang.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Beeld gesê hulle ondersoek die saak.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

eGAPSA ·

Uiters tragies. Baie sterkte vir die gesin. Die arme kind! :_((

VerVanRyn ·

Dit is ‘n jammerte dat mens op so ‘n tragiese manier moet leer dat windbukse nie speelgoed vir kinders is nie.

Hanlie ·

Hoe tragies…..dit is waarom ek nie glo aan gewere (enige vorm) vir ‘n kind te koop nie. Myne moet maar vir hulleself gewere koop wanneer hulle eendag groot en uit my huis is…….
Ek weet van iemand wat sy seuntjie al van 2 jaar oud al ‘n jaggeweer laat vashou het en hy neem die kind gereeld saam om te jag. Wanneer hulle speel – speel hy met ‘n houtgemaakte jaggeweer en is veral lief om my meisiekind met die geweer te jaag. Ek het hom mooi vertel wat ek met hom en die geweer gaan maak wanneer hy dit weer op my meisiekind rig……kinders het nog nie die “brein” om die gevaar van enige vuurwapen te besef nie. Party ouers (ek dink) ook nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.