12-jarige verdrink in die Oos-Kaap

Die liggaam van ‘n 12-jarige seun wat in die Oos-Kaap verdrink het, is Sondagoggend opgespoor.

“Die seun was een van vier tieners wat Saterdag in die Ceqcuwana-rivier by Mission Village gaan swem het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Na bewering het die seun omstreeks 14:00 verdrink en sy maats is huis toe om hul ouers in kennis te stel.” Polisieduikers het sy liggaam Sondagoggend in die rivier opgespoor.

‘n Geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.