12 mans vas na ‘bendeverkragting’

Die polisie in Gauteng sê twaalf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou om die beurt verkrag het in Carletonville.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die vrou en ʼn vriendin was glo op pad huis toe, toe hulle deur ʼn groep van agt onwettige myners voorgekeer is. Dlamini sê die 23-jarige vrou is met ʼn knopkierie oor die kop geslaan voor die mans haar in die veld in getrek en om die beurt verkrag het. Haar vriendin het intussen ontsnap. Dlamini sê die mans het die vrou hierna na ʼn huis geneem waar nog vier mans haar glo verkrag het. “Sy het beserings aan haar gesig en lyf opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.” Dlamini sê die mans is van Lesotho afkomstig en sal binnekort in die Carletonville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.