12 skoolkinders in ongeluk beseer

Twee leerlinge is Woensdagoggend ernstig beseer en 10 het geringe beserings opgedoen toe die voertuig waarin hulle vervoer is in KwaZulu-Natal gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op Stockvilleweg naby Pinetown plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die bestuurder van die taxi wat die leerlinge vervoer het, het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het,” het Botha gesê. Die leerlinge is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.