12 sterf in botsing in Oos-Kaap

Twaalf mense is dood na drie voertuie in ʼn botsing betrokke was tussen Whittlesea en Queenstown in die Oos-Kaap.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Gcinikaya Taleni, sê ʼn bakkie wat agt mense vervoer het, het Donderdagaand reg van voor gebots teen ʼn ander motor op die R67. ʼn Derde motor het hierna in die ander motor vasgery. ʼn 10-jarige meisie is onder die oorledenes. Nege mans, tussen die ouderdomme van 35 en 50, en twee vrouens is ook in die ongeluk dood. ʼn Saak van strafbare manslag word ook ondersoek. Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra hulle naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.