12 sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Twaalf mense is dood en twee beseer na ʼn gru-ongeluk Donderdagoggend in Vereeniging.

Volgens ER24 het ʼn vragmotor en ʼn Mercedes Sprinter reg van voor gebots waarna die vragmotor geknipmes het. Tien van die bussie se insittendes het reeds aan hul beserings beswyk toe paramedici op die toneel aangekom het. Drie van die liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die bussie het op een van die oorledenes te lande gekom terwyl die ander ses oorledenes uit die wrak geslinger is. Twee mense is ernstig beseer en een van hulle het op die toneel aan hul beserings beswyk terwyl die ander persoon kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar is. Een van die insittendes van die bussie en die bestuurder van die vragmotor het die ongeluk oorleef en is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.