12 vas oor Kaapstad-betogings

Een van die betogers wat in hegtenis geneem is Foto: @ewnreporter, Twitter

Een van die betogers wat in hegtenis geneem is Foto: @ewnreporter, Twitter

Twaalf mense is Donderdag in hegtenis geneem in verband met ʼn onwettige diensleweringsbetoging in Kaapstad se middestad.

“Ongeveer 1 000 lede van die Ses’khona People’s Rights Movement het omstreeks 08:30 in die sentrale sakedistrik bymekaargekom om ʼn optog na die provinsiale wetgewer te hou,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê.

Die polisie moes verdowingsgranate en ʼn waterkanon gebruik om die skare uit mekaar te verdryf. “Die polisie kon verseker dat geen beserings aangemeld is of eiendom beskadig is nie.”

Talle winkels in die gebied moes hul deure sluit en hul vensters bedek. Sommige van die straatverkopers was nie by hul gewone staanplekke nie.

Van Wyk sê die polisie het die betogers “takties gedwing” om na Kaapstad se treinstasie te beweeg, waar hulle met treine huis toe gestuur is. Die polisie sal in die sentrale sakedistrik en omliggende gebiede bly. “Die situasie is in hierdie stadium kalm en onder beheer.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.