Altesaam 13 mense is beseer nadat ʼn ongeluk Dinsdagoggend op die R21-snelweg naby die N1-wisselaar in Pretoria plaasgevind het.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die bestuurder van ʼn minibustaxi beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het.
“Die 13 mense het geringe en matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.
Die beseerdes is met ambulanse na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir behandeling en waarneming.
Hoop hulle herstel gou en word net die beste mediese behandeling gegee. Al moet die staat daarvoor betaal.Taxi bestuurders is gewoonlik baie goed opgelei en baie verantwoordelik. Daar moes iets meganies fout gegaan het of ‘n band gebars het.