13 beseer in PTA-ongeluk

netcare911-1-292x225Altesaam 13 mense is beseer nadat ʼn ongeluk Dinsdagoggend op die R21-snelweg naby die N1-wisselaar in Pretoria plaasgevind het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die bestuurder van ʼn minibustaxi beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het.

“Die 13 mense het geringe en matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.

Die beseerdes is met ambulanse na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir behandeling en waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stinkfinger ·

Hoop hulle herstel gou en word net die beste mediese behandeling gegee. Al moet die staat daarvoor betaal.Taxi bestuurders is gewoonlik baie goed opgelei en baie verantwoordelik. Daar moes iets meganies fout gegaan het of ‘n band gebars het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.