13-jaaroue moord: Verdagtes nou staatsgetuies

Betty Ketani se identiteitsdokument

Drie van die beskuldigdes in die Betty Ketani-moordsaak het skuldig gepleit en ligter vonnisse ontvang indien hulle vir die staat sal getuig wanneer die saak hervat, het EWN Maandag berig.

Maandag sou die eerste dag van die vier weeklange verhoor wees, maar die staat en verdediging het nou uitstel versoek om voor te berei, berig EWN verder.

Ses mans, insluitend twee polisiebeamptes, is in hegtenis geneem nadat ʼn brief, wat glo ʼn bekentenis is, onder ʼn mat in ʼn huis in Johannesburg opgespoor is. Carrington Laughton het glo die brief geskryf.

Conway Brown, een van die persone wat skuldig gepleit het, het in die huis, waar die brief opgespoor is, gebly. EWN berig hy het nou skuldig gepleit op poging tot moord en sy betrokkenheid by die misdaad erken. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, waarvan hy moontlik net ʼn gedeelte sal uitdien.

Paul Toff-Nielsen en Dirk Reyneke, twee van die beskuldigdes, het ook hulle betrokkenheid aan die misdaad erken en het opgeskorte vonnisse of korrektiewe toesig ontvang, berig EWN.

Al drie mans is nou staatsgetuies teen Laughton en die twee polisiebeamptes, wat glo broers is, word ook by die misdaad betrek.

Die mans het Ketani glo in 1999 ontvoer en vermoor. Sy het as ʼn kok by die gewilde Cranks-restaurant in Rosebank gewerk. Haar broer Eric, het vroeër aan EWN gesê die hofsaak is die einde van ʼn lang en pynlike proses. Hy sê hy hoop sy suster se moordenaars word “swaar gestraf”. “Hulle moet jare en jare lank agter tralies wees,” het hy gesê.

Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
Beskuldigdes van 13-jaaroue moord in die hof
13-jaaroue moord: Verdagtes “te gevaarlik” om vry te laat
13-jaaroue moord: Verdagtes se borgaansoek aangehoor
13-jaaroue moord: Polisie op soek na forensiese bewyse
13-jaaroue moord: Geheime ooggetuie bekend
Verstommende verwikkelinge in 13-jaaroue moordsaak
Verdagte van 13 jaaroue moord weerlê belydenis
Uitkenningsparade vir 13 jaaroue moordsaak
Meer besonderhede oor 13 jaaroue moord
Vyf in hof ná moord op vrou 13 jaar gelede
Misdade haal boewe 13 jaar later in

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.