13-jaaroue moordsaak: Geheime ooggetuie bekend

Betty Ketani se identiteitsdokument

Die geheime ooggetuie in die 13-jaaroue moordsaak van Betty Ketani is uiteindelik bekend.

Die ooggetuie is die eksvrou van Carrington Lawton, die beweerde skrywer van ʼn belydenisbrief wat onlangs onder ʼn mat in ʼn huis in Kenilworth, suid van Johannesburg, opgespoor is, berig EWN. Die vrou het Lawton se handskrif bevestig en beskuldigende foto’s oorhandig.

Drie van die ses verdagtes in die moordsaak het Donderdag met hul aansoek om borg voortgegaan. Aanklaers het gesê die vrou het na vore gekom nadat sy oor die media van die saak te hore gekom het. Sy het ʼn koevert aan die polisie oorhandig met foto’s van die vrou, wat saam met Ketani by Cranks-restaurant in Rosebank, Johannesburg, gewerk het. Geen verdere besonderhede oor die foto’s is verskaf nie.

Die verdediging beweer die staat se saak is swak, en dat hulle nog moet bewys lewer dat ʼn moord gepleeg is, aangesien Ketani se liggaam nog nie opgespoor kon word nie. Die hof het ook aangehoor dat Lawton glo sy medebeskuldigde gedreig het.

Uitspraak sal volgende week gelewer word.

Lees vorige berigte oor dié saak:
Verstommende verwikkelinge in 13-jaaroue moordsaak
Verdagte van 13 jaaroue moord weerlê belydenis
Uitkenningsparade vir 13 jaaroue moordsaak
Meer besonderhede oor 13 jaaroue moord
Vyf in hof ná moord op vrou 13 jaar gelede
Misdade haal boewe 13 jaar later in

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.