13-jarige dogter vas vir moord, seksuele aanranding

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 13-jarige dogter van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap, het Maandag in die hof verskyn op aanklag van die moord van ʼn tweejarige en seksuele aanranding van ʼn vierjarige seuntjie.

Die beskuldigde, ʼn laerskoolleerling, is verlede week in hegtenis geneem in verband met die verdrinking van ʼn tweejarige dogtertjie vroeër vanjaar. Sy word ook daarvan beskuldig dat sy ʼn vierjarige seuntjie seksueel aangerand het.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is die saak tot Januarie uitgestel. “Die dogter is na ʼn hospitaal verwys vir waarneming,” het Mashudu Malabi, woordvoerder vir die NVG, gesê. “Dié verslag sal op 13 Januarie beskikbaar wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AmY ·

Wat die hel!!!??? Wat word van die kinders van vandag? Nou die vraag: Waar het sy dit gesien? Want toe ek dertien was, het ek nie van sulke dinge geweet nie.

Christine ·

Sjoe onmoontlik om te glo, wonder net watter sielkundige verklaring tot so uiterste daad kan lei, Ek persoonlik bid vir daardie familie wat groot hartseer lei hier voor die Feesvieringe rondom Jesus se geboorte. Sterkte

Lola ·

Peter, ek stem nie heeltemal met jou saam nie. Ek dink nie daar is fout met die opvoeding wat ons ons kinders gee nie,maar dit wat hulle van die skool afbring is net te veel om te sluk. My10jarige vra my nou die dag wat seks is. Terwyl ek wag vir die regte ouderdom word hulle in LV geleer van dwelms, Vigs ens. Die grootste probleem wat ons tans het is dat jy jou kind nie meer ‘n goeie pakslae kan gee nie. As jy jou hand lig word jy met kindermishandeling, aanranding ens gedreig en waar kom dit vandaan? Nodeloos om te se die skole leer die kinders dat hulle “untouchable” is. Kyk na die Griekwastad moorde. Hierdie tendens is waarheen ons kinders oppad is en die TV is ook hulle ondergang. Ons was nooit aan al hierdie nonsens bloodgestel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.