13-jarige vas oor tiener se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 13-jarige seun is Sondag in Kroonvale, Graaff-Reinet, vermoedelik deur ʼn ander 13-jarige, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

“Die twee seuns het gestry toe die een die ander glo in die bors gesteek het,” het ao Wessel Cronje, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die seun is op die toneel dood verklaar.”

Die beskuldigde is ongedeerd. Hy sal Maandag in die Graaff-Reinet-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Justi

Genade, nou weet ek nie meer wat om te se of dink nie.

So jonk en hy pleeg moord? Watse opvoeding kry die kind? Watse voorbeeld stel die ouers dalk?

Ek is verstom oor die barbaarsheid van mense en kinders……….

Martie van graan

Wat makeer vandag se kinders, ? dit is erg.

magda

Dit raak nou erg al waarvan n mens lees moord en dood dan is dit nog sulke jong kinders waarna toe gaan ons wereld en ons jeug van vandag!