13-jarige verdrink in Krugersdorp

Argieffoto

‘n 13-jarige dogter het Sondagaand omstreeks 22:00 in ‘n swembad in Krugersdorp verdrink.

“Die dogter is reeds uit die swembad gehaal en KPR toegepas toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. Paramedici het nog 30 minute lank probeer, maar die dogter is op die toneel dood verklaar. Die besonderhede van die voorval is nie tans beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.