14 beseer in skoolbusongeluk

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Veertien mense is beseer toe ʼn BMW Saterdag op die R28 in Krugersdorp in Gauteng agter in ʼn skoolbus vasgery het.

“Vier van die passasiers is ernstig beseer,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, in ‘n verklaring gesê. Die ongeluk het voor die Silver Star Casino plaasgevind. “Wrakstukke van die voertuie was oor die pad gestrooi.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.