14 beseer na trok omslaan

Foto: @samkejnr/Twitter

Foto: @samkejnr/Twitter

Veertien mense is beseer nadat ʼn vragmotor op die N3 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die vragmotor het Saterdagoggend op die N3 naby die Liberty-winkelsentrum omgeslaan. Hy sê twee mense is ernstig beseer terwyl die ander slegs ligte beserings opgedoen het. Botha sê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie ·

Kan Maroela asb kyk na hul hoof opskrifte. Daar sluip baie tikfoute in. Soos die een “tronk” ipv trok. En vorige berig “Fietsryers naby Rustenburg beseer “bestuur’ het ipv “beseer”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.