14 jaar verpligte skoolonderrig voorgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersvakbond (Sadtu) het die ANC se verkiesingsmanifes vir 2014 verwelkom waarin die party onder andere 14 jaar verpligte skoolonderrig voorstel.

“As ʼn onderwysvakbond verwelkom ons die onderwysplanne wat in die manifes vervat is,” het die vakbond in ʼn verklaring gesê. “Die fokus op onderwysersontwikkeling beteken vir ons baie, aangesien dit die politieke toewyding wys wat noodsaaklik is vir die pad vorentoe.”

Die vakbond verwelkom die ANC se toewyding om oor die volgende vyf jaar gratis onderrig op alle vlakke aan te bied, in ʼn poging om ongeletterdheid en werkloosheid uit te roei.

Die manifes is Saterdag in Nelspruit, Mpumalanga, bekend gestel.

Volgens die manifes wil die ANC ook twee jaar voorskoolse onderrig verpligtend maak.

“Ons wil volwasse ongeletterdheid uitroei, fokus op onderwysersontwikkeling en ook die gehalte van basiese onderwys tot graad 12 verbeter,” lui die manifes. Die ANC gaan ook twee nuwe universiteite bekend stel, die FET-kolleges uitbrei en fokus op meer ondersteuning en voldoende finansiering vir leerders. Volgens die manifes sal alle gegradueerdes ook onderwerp word aan verpligte gemeenskapsdiens.

“Ons hoop nie die manifes is net leë woorde op papier nie, maar ʼn werklikheid. Ons wil die beloofde ses miljoen poste sien,” het Sadtu gesê.

Maroela Media wag op reaksie van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU).

Lees ook:
ANC-manifes: Zuma sê oor grondhervorming, tenders en werkskepping
Zuma: ANC-manifes is ‘wonderlik’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

So die kleuterskole gaan nou ‘bankrot gaan?’, Want kinders gaan nou net tot op ouderdom 4 kleuterskool toe gaan. Dan is dit graad RR (op ouderdom 5?)

Nee regtig waar!!

PURE BOER ·

Dagse “AmY”
Ek glo nie jy moet jouself oor hulle beloftes te bekommer nie. Nie almal het die beloofte stowe gekry nie. Hierdie is net om die vlak mense se “X” te kry op verkiesings dag. Jy moet seker al weet dat die meeste “mense” in SA nie vir hulself kan dink nie en dat hul als glo wat hulle hoor. Na die verkiesing wil hulle weer kla oor die regering se doen en late, maar so sal hulle hul “X” neersit by die “!!!”…. wat die land agteruit vat. As die wit man nog in beheer was, was SA sekker een van die sterkste lande in die wereld.

Sanet van der Bank ·

Ek sal verwelkom dat Gr R ten minste verpligtend is. My seuntjie was verlede jaar in Gr R en ek moes R5300 alleen uit my sak betaal vir skoolfonds want sy pa wou nie die helfte gegee het nie, want dit was nie verpligtend nie. Oor 2 jaar is my dogtertjie in Gr R en dit skoolfondse gaan net op en op. So ja…maak darem net Gr R verpligtend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.