14-jarige ‘bylmoordenaar’ vir evaluasie gestuur

Argieffoto

Die 14-jarige tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie van sy familielede met ʼn byl doodgekap het, en sy ouma ernstig beseer het, is Woensdag deur die Benoni-landdroshof vir sielkundige evaluasie gestuur.

“Die seun is vir psigiatriese evaluasie gestuur om sy geestelike toestand te toets en om te sien of hy geskik is om verhoor te word,” het Medupe Simasiku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

“Die evaluasie neem gewoonlik 30 dae, so ons sal dan weet wanneer hy weer in die hof moet verskyn.”

Die saak is tot 12 Julie uitgestel. Volgens Simasiku word die tiener in ʼn plek van veiligheid aangehou totdat hy vir die evaluasie gestuur gaan word.

Maroela Media het vroeër berig die tiener van die Oos-Rand is in hegtenis geneem nadat hy na bewering op 24 Mei in Etwatwa naby Daveyton sy 42-jarige ma, sewejarige broer en drie maande oue babasussie met ʼn byl doodgekap het. Sy 58-jarige ouma is ook aangeval, maar het die aanval oorleef. Twee van sy sussies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, het ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop. Die tiener het gevlug, maar is later aangekeer en van moord aangekla.

Die polisie het op 28 Mei die vermeende moordwapen in ʼn veld naby ʼn informele nedersetting opgespoor.

Lees ook:
Ouma oorleef bylaanval
Burgemeester geskok oor bylmoorde
14-jarige vas ná bylmoorde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.