ʼn 14-jarige seun is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Elleanor Dorfling (82), ʼn inwoner van Allanridge in die Vrystaat.
Dorfling is verlede Donderdag dood aangetref in haar huis. Sy was in ʼn bad vol water en haar hande was met ʼn das vasgebind. Daar was bloedvlekke op die muur en bloed in haar mond. ʼn 20-jarige verdagte van Nyakallong is dieselfde dag in hegtenis geneem nadat Dorfling se motorsleutels en rybewys in sy besit gevind is. Die 14-jarige is ook van Nyakallong en is in Kutloanong naby Odendaalsrus in hegtenis geneem.
Die seun moet binnekort in die landdroshof in Odendaalsrus verskyn.
Lees ook:
Man met vermoorde bejaarde se besittings betrap
Bejaarde in die Vrystaat vermoor