14-jarige rugbyspeler sterf moontlik aan breinvliesontsteking

‘n Hoërskoolleerling van Durban is dood nadat hy vroeër die week, vermoedelik weens breinvliesontsteking, op die rugbyveld ineengestort het.

Madodandile Mavaleliso is later in die hospitaal dood ná die wedstryd teen Hoërskool Transvalia van Gauteng, het die Saturday Star berig. Die voorval het by ‘n rugbyfees by Hoërskool Glenwood plaasgevind.

Life Entabeni-hospitaal het bevestig dat die 14-jarige in ‘n kritieke toestand in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem is. “Hy is later oorlede, ondanks pogings deur die mediese span,” het Leanne Nyiri, woordvoerder van die hospitaal, gesê. Sy sê almal wat kontak gehad het met Madodandile het as ‘n voorkomende maatreël profilaktiese behandeling ontvang. Die oorsaak van Madodandile se afsterwe word steeds ondersoek.

Schalk Burger, Springbok en Stormers-rugbyspeler is Woensdag in die hospitaal opgeneem met bakteriële breinvliesontsteking. Fiona de Souza, woordvoerder vir die Burger-familie, het gesê die rugbyspeler sal vir die volgende 14 dae in die hospitaal bly en hy sal moontlik ten minste nog ses weke daarna eers fiks genoeg wees om te speel. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.