14-jarige vas ná bylmoorde

ʼn 14-jarige seun van die Oos-Rand is in hegtenis geneem nadat hy glo vier van sy gesinslede met ʼn byl vermoor het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het vroeg Vrydagoggend in Etwatwa naby Daveyton aan die Oos-Rand plaasgevind. Die seun se 42-jarige ma, sy 58-jarige ouma, sewejarige broer en drie maande oue babasussie is met ʼn byl doodgekap. Die ma en sussie is op die toneel dood. Die ouma en boetie is later in die hospitaal oorlede. Dlamini sê die seun se ander twee susters, onderskeidelik agt en nege jaar oud, het ontsnap. Die seun het glo gevlug na die voorval, en is later in hegtenis geneem met behulp van gemeenskapslede. Dlamini sê die seun word tans in ʼn plek van veiligheid gehou en sal na verwagting Maandag in die Benoni-landdroshof verskyn. Dlamini sê die polisie soek intussen steeds na die moordwapen. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anne ·

As hulle nie eens vir hul eie mense iets voel nie, hoeveel te meer sal hulle ons nie met ‘n glimlag vermoor nie?

Erika ·

Babasussie was maar 3 maande, hoekom op aarde haar ook met byl doodkap, wat op aarde het sy aan hom gedoen? 14 Jaar en hy doen sulke dinge, nee wat sluit die SKUIM toe, en gooi die sleutel baie ver weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.