14-jarige verkragter wil grondwethof nader oor seksregister

hofhamertjie-2-320x264ʼn 14-jarige verkragter gaan die konstitusionele hof nader om te probeer keer dat sy naam in die register vir seksuele oortreders opgeneem word, berig die Sunday Independent.

Volgens die berig is die seun in Augustus verlede jaar skuldig bevind aan die verkragting van drie seuns, waarvan twee slegs ses en sewe jaar oud was. Sy vonnis is om vir vyf jaar by die Eureka Jeugsentrum in Rawsonville te bly. Hy is ook vroeër skuldig bevind aan aanranding nadat hy ʼn 12-jarige meisie met ʼn mes gesteek het. Die Sunday Independent berig dat die seun reeds in sy appèl in die Wes-Kaapse hooggeregshof geslaag het om die gedeelte van die Wysigingswet op die Strafreg, wat magtig dat sy naam in die register opgeneem word, ongrondwetlik verklaar word. Daar is bevind dat dié gedeelte van die wet ongrondwetlik is aangesien dit nie die howe toelaat om te besluit of ʼn persoon se naam in die register opgeteken moet word nadat die persoon toegelaat is om ʼn voorlegging te maak nie. Die seun wil nou die bevel van die Wes-Kaapse hooggeregshof in die konstitusionele hof bekragtig. Die saak sal in Februarie aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Praat Saam ·

So jonk en klaar ‘n geharde misdadiger. Hy sal dit weer doen en ek voorspel vir hom ‘n misdaad toekoms waarvan hy die meeste van sy lewe in die tronk gaan deurbring.

Chris ·

Jammer dit gaan maar oor opvoeding en aandag by die huis. Die regering moet beoog om sulke oortreders te laat katreer. Hulle moet alles verwyder osodat die luste beeindig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.