14-jarige vermoor glo haar 17-jarige kêrel

‘n 17-jarige seun van Limpopo is Woensdag glo deur sy 14-jarige meisie met ‘n mes doodgesteek.

Konstabel Moses Molepo, woordvoerder van die polisie, sê die meisie het Andries Kubayi glo tydens ‘n stryery met ‘n mes in die bors gesteek in Ga-Mothapo, in Makanye. Kubayi was ‘n graad 10-leerling by ‘n plaaslike skool, berig TimesLIVE. Die inwoners het die polisie ontbied, maar hy is op die toneel dood. “Die verdagte het gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die polisie het op die mes beslag gelê,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.