14-maandeoue baba verdrink byna in koidam

ʼn 14-maandeoue babaseuntjie is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal ná hy Sondag in ʼn koidam by ʼn huis in Vanderbijlpark, Gauteng, geval en amper verdink het.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die kind in die dammetjie beland en was hy vir ʼn onbekende tyd onder die water.

“Sy ma het hom uit die dam gered en dadelik mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Met paramedici se aankoms was die kind in ʼn kritieke toestand. Paramedici het by die ma oorgeneem en die kind stabiliseer. Hy is met ʼn helikopter na die Charlotte Maxeke Akademiese-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.