14 mense dood in Bronkhorstspruit-ongeluk

Argieffoto

Veertien mense is dood toe ‘n minibustaxi en ‘n vragmotor Woensdagmiddag in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, gebots het.

“Al 14 mense was in die taxi, wat in twee geskeur is,” het Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane nooddienste, gesê. Twee mense is kritiek beseer en ‘n ander persoon is in ‘n ernstige toestand. Die beseerdes is op die toneel behandel en is na nabygeleë hospitale geneem. Paramedici verwag dat nog mense moontlik aan hul beserings kan beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.