14 sterf by Batman-première

Veertien mense is Vrydag doodgeskiet tydens die première van die Batman fliek, The Dark Knight Rises, in Denver, Colorado in Amerika.

Na wat verneem word, het iemand glo traangas in die volgepakte teater gegooi en wild en wakker begin skiet. ʼn Plaaslike radiostasie, KOA, berig twee gemaskerde persone was glo by die skietery betrokke. Sover is 14 mense is dood en sowat 40 beseer.

Cassidee Carlson, ʼn polisiewoordvoerder, het aan plaaslike media gesê inligting is nog skaars. “Die polisie is nog op die toneel besig om ondersoek in te stel asook om die toneel op te ruim.”

Die beseerdes word behandel en is onderskeidelik na drie nabygeleë hospitale geneem. Die dodetal mag dalk styg.

Sy het gesê een persoon is sover in verband met die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.