14 sterf Oukersaand op die paaie

Argieffoto

14 mense, insluitend ‘n ‘n drie-weekoue baba, het Oukersaand op die land se paaie gesterf.

Al die ongelukke het tussen Maandagaand 20:00 en Dinsdagoggend 06:00 plaasgevind. Die drie-weekoue baba het gesterf toe ‘n motor by Camperdown, op die N3 tussen Pietermaritzburg en Durban gerol het, het ER24 paramedici Dinsdag berig. “Die baba is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het en het buite die voertuig gelê toe paramedici op die toneel gekom het,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.

Twee mense is dood in ‘n ongeluk tussen Welkom en Virginia in die Vrystaat. Drie mense is beseer. Die ongeluk is deur die reën veroorsaak.

Drie mense is in ‘n ongeluk in Bethlehem dood, berig Netcare911. Klik hier om meer te lees.

‘n Voetganger het in Navalsig, Bloemfontein, gesterf en drie mense is buite Paul Roux in die Vrystaat in ‘n ongeluk reg van voor dood.

Twee mense is dood en drie beseer ná ‘n ongeluk in Parow in die Wes-Kaap. “Twee insittendes van die een voertuig is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander drie pasiënte na Tygeberg-hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het Jackson bygevoeg.

Twee mense is dood en een beseer in ‘n ongeluk op die N12 naby Witbank in Mpumalanga. “’n Enkele voertuig het die pad verlaat en in ‘n sloot beland.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.