14 valskermspringers beseer in fratsongeluk tydens lugskou

Vier valskermspringers, is ernstig beseer en nog tien lig beseer Saterdag tydens ‘n sprong by ‘n lugskou by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria.

ʼn Woordvoerder, kol. Petrus Motlhabane, sê dit was ʼn fratsongeluk en dit is nog nie duidelik wat die oorsaak was nie. Hy sê die vier valskermspringers wat ernstig beseer is, is in ʼn stabiele toestand in die 1 Militêre hospitaal. Die tien ander valskermspringers is ook in die hospitaal opgeneem. Al 14 valskermspringers is van die 44 Valskerm battaljon. Motlhabane sê ʼn ondersoek sal na die voorval gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.