14 vas na protesaksie by Eskom

Foto: GCIS

14 omgewingsaktiviste is Dinsdag by Megawatt Park, Sandton, in hegtenis geneem.

Kapt. Paul Ramaloko, ʼn polisiewoordvoerder, sê die aktiviste sal aangekla word van onregmatige betreding en kwaadwillige saakbeskadiging wanneer hulle Woensdag vlugtig in die Randburg-landdroshof sal verskyn. Ramaloko sê 12 van die aktiviste is van Greenpeace terwyl een van groundWork en die ander van Eartlife Africa is. Volgens die aktiviste het die protesaksie ten doel gehad om bewustheid te skep oor Eskom se afhanklikheid van steenkool en in reaksie op Eskom se aankondiging van verhogings in elektrisiteitstariewe. Die aktiviste het ʼn banier by die ingang van Megawatt Park vasgemaak wat lees: “Eskom is onder nuwe bestuur.” Van die aktiviste het hulself aan ʼn tafel buite die gebou vasgeketting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae