15 000 krokodille ontsnap ná Limpopo-vloede

Argieffoto

Nagenoeg 15 000 krokodille het van die Rakwene-krokodilplaas in die Limpoporivier ontsnap na die afgelope week se vloede in die gebied.

Duisende krokodille is weer gevang. Hulle het in die dig bebosde gebied langs die rivier en die aangrensende lemoenboorde geskuil, berig Beeld.

Meer as die helfte van die reptiele word egter steeds vermis.

Zane Langman, die skoonseun van Johan Boshoff, die eienaar van Rakwene, het aan die koerant gesê Boshoff moes noodgedwonge die plaas se hekke oopmaak uit vrees dat vloedwater Boshoff se huis sou beskadig.

“Die meeste van die vangpogings vind in die aand plaas. Ons probeer om die krokodille weer te vang sodra boere in die omgewing dit gewaar en ons in kennis stel. Daar is baie in Weipe en ek het gehoor een krokodil is op ʼn skool se rugbyveld in Musina,” het Langman gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.