Twee motors het Sondag omstreeks 12:30 op die R512-R552-aansluiting tussen die N14 en die Leeupark, noordwes van Johannesburg, gebots.
Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê twee mense is ernstig beseer en ʼn derde is op slag dood. “Weens die ernstige aard van die pasiënte se beserings is hulle per helikopter na ʼn hospitaal vir behandeling gebring.”
Intussen is 15 mense Sondagoggend beseer, van wie een kritiek, in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor op die aansluiting van Snake- en New Modderweg, oos van Benoni se middestad.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê hul en ander dienste se paramedici het by hul aankoms op die toneel twee voertuie in die stadige baan aangetref. “Talle mense het verspreid oor die toneel gelê.”
By nadere ondersoek het hulle vasgestel dat een persoon talle ernstige beserings opgedoen het en in ʼn kritieke toestand was. Altesaam 14 ander mense se beserings het van gering tot matig gewissel.
Al die pasiënte is eers op die toneel behandel en toe met verskeie ambulanse na nabygeleë hospitale gebring.
Meiring sê dis nog nie bekend wat tot die ongeluk aanleiding gegee het nie.
Weet jy hoekom so baie mense in kar ongeluk sterf.Wat bestuur lesensie word gekoop.Tee veel bedrog in sa
By die OK, dit moet end kry!
Kom ons hou één bepaalde dag opsy in ons land, en ry ongelukvry! Almal! Hoe klink dít vir ‘n uitdaging?
Was die beseerdes “verstrooi” as gevolg van die ongeluk of was hulle ‘gestrooi’ oor die pad gewees?
Dagsê Clem
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media