Minstens 15 mense is beseer toe ʼn trein, van Pretoria na Johannesburg, Vrydagoggend ontspoor het.
“Twee van die mense is ernstig beseer,” het William Ntladi, woordvoerder vir die Ekhurhuleni-nooddienste, gesê. “Dertien persone het geringe beserings opgedoen.”
Die lokomotief en passasierswa het Vrydagoggend net na 07:00 ontspoor.
Al die beseerdes, insluitend die bestuurder en sy assistent, is na verskeie hospitale geneem.
“Dit is nog nie duidelik waarom die trein ontspoor het nie,” het Ntladi gesê.
Volgens die gebruiker @medixgauteng op Twitter het die ongeluk naby Elandsfontein plaasgevind. -SAPA
Oorsaak !!! Gebrek aan eenvoudige “ONDERHOUD”
Ek het op ‘n tyd met daai trein gery. Die presiese tyd ook . Maar dis baie jare terug.Sjoe, nogal scary. Maar nou ja, 15jaar terug was die treine baie veiliger as vandag.
Derde ontsporing oor die Feesseisoen.
Mense met geen verantwoordelikheid-sin. Geen.