15-jarige meisie in hof vir moord op skoolleerling

ʼn 15-jarige meisie gaan na verwagting Dinsdag in die Randfontein-landdroshof verskyn nadat sy glo ʼn medeleerling (17) met ʼn mes doodgesteek het.

Volgens kapt. Appel Ernst, ʼn polisiewoordvoerder, het die verdagte glo die 17-jarige met ‘n mes aangeval nadat ʼn bakleiery, Vrydagoggend op pad skool toe,    tussen hulle uitgebreek het. Albei meisies was leerlinge aan Lukanyo-sekondêre skool in Mohlakeng naby Randfontein.

Volgens Ernst is die slagoffer na ʼn hospitaal geneem, waar sy later aan haar wonde beswyk het. Die verdagte is Vrydag reeds in hegtenis geneem en het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn waar borgtog geweier is. Die saak duur vandag voort waar ʼn verslag van ʼn maatskaplike werker bekendgemaak gaan word. Die verdagte is intussen uit die skool geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.