15-jarige meisie verkrag en vermoor

Die polisie in Koster, Noordwes, ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 15-jarige meisie Dinsdagmiddag gevind is.

“Die meisie se liggaam is in haar huis in Selosesha gevind. Haar gesig was met ʼn lap toegegooi en sy was glo ook verkrag,” het kaptein Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Daar word vermoed dat die slagoffer Maandagaand vermoor is. Haar vriende het op haar liggaam afgekom nadat sy nie Dinsdag by die skool opgedaag het nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Margriet ·

Ag wat nog in die lewe
Die samelewing raak net sieker en sieker

LOS ONS JONG MESNE UIT KRY N PROSTETUUT VIR DIE DOEL MOENIE KINDERS GEBRUIK NIE ASB
EN DAN VERMOOR NOG
EK IS GESKOK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.