15-jarige op Kersdag deur haai aangeval

‘n Tierhaai

Die liggaam van ‘n 15-jarige seun wat naby Port St Johns in die Oos-Kaap deur ‘n haai aangeval is, is nog nie opgespoor nie.

“Ons het slegs sy broek opgespoor,” het kapt. Mduduzi Godlwana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die seun het saam met ander vriende by Second Beach geswem toe ‘n tierhaai hom op Kersdag aangeval het. Duikers het probeer om die seun te red, maar dit het te gevaarlik vir hulle geraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.