15-jarige skolier brand erg ná motorfietsongeluk

Joggie Theron Foto: Facebook

Joggie Theron (15) is steeds in ’n kritieke toestand in Garden City-hospitaal in Johannesburg nadat hy 70% brandwonde aan sy lyf opgedoen het na ’n ongeluk met sy motorfiets.

Annerie du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, het Vrydag aan Maroela Media gesê Joggie se koors is steeds hoog ná hy gister in die teater was. “Sy ma het aan my bevestig dat sy koors nog baie hoog is. Dit is egter normaal vir ʼn brandslagoffer om die eerste 14 dae ná ʼn brand te sukkel met hoë infeksietelling en gevolglik ʼn hoë koors,” het Du Plooy gesê.

Joggie was op 12 Julie in ʼn motorfietsongeluk in Witbank, Mpumalanga. Volgens Du Plooy het ʼn motor glo voor Joggie ingedraai en hy het met die motorfiets in die voertuig vasgery. Sy linkervoet het glo egter aan die motorfiets vasgehaak en hy kon nie van die fiets af wegkom toe dit aan die brand geslaan het nie. “Hy het oor die fiets gestaan toe dit aan die brand geslaan het en het gevolglik die meeste brandwonde van sy bors tot by sy knieë opgedoen.” Omstanders het die vlamme glo probeer doodslaan, en daar was ook ʼn dokter op die toneel om hom dadelik te behandel. “Die dokter het moontlik sy lewe gered.”

“Dit is nog nie bekend of daar ʼn klag teen die motoris gelê gaan word nie, maar Joggie se ouers is tans meer besorg oor sy welstand,” het Du Plooy gesê.

‘n Foto van die ongelukstoneel Foto: Hero Burn Foundation

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Helizna Kilian ·

‘n Klag teen die motoris? Wat van ‘n klag teen die ouers? Hulle 15-jarige kind het mos nie lisensie gehad vir daai fiets nie, so hoekom laat hulle hom daarop ry?

Nico ·

Goeie vraag. My vrou was ook in ‘n soortgelyke geval betrokke so ‘n paar jaar gelede. Gelukkig was die outjie ongedeerd. Daar word slegs gekyk na die “voor hom ingery”, maar daar word nooit verwys na die spoed wat die mannetjie gery het nie. Ek hoop vir hierdie seun se part hy het regtig by die spoedgrens gehou. Sterkte aan hom en sy famillie.

Priscilla Opperman ·

En terwyl jul soos kinders tekere gan baklei Joggie vir sy lewe… Vlippen he’ll word menslik… Jul dink altyd an die wat ni seer kry ni ek ken Joggie en sy ouers baie gud so kom try weer wane jul eendag groot is…. En bid some vi julle sondes nou ook…

Ellie ·

Ekt verneem Joggie is vanoggend of gisteraand oorlede. Nie een van ons, of julle, kan oordeel spreek oor wat gebeur het, julle was nie daar. I guess God pluk altyd die mooiste blommetjies eerste-, rus in vrede Joggie, sorry my maat. xxx

Tonette ·

ek stem saam met Ellie en Pricilla… dit gaan my verstand tebowe dat mense altyd ‘n eiertjie wil lê waar dit nie nodig is nie… Ek sou sê ‘n lewe is baie meer belangrik as ‘n hofsaak.. of hoe? Rus in vrede Joggie.. Sterkte aan die familie xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.