15-jarige van Modimolle word vermis

Bernadine Dreyer

Bernadine Dreyer (15) van Modimolle word sedert Dinsdag vermis.

Bernadine is Dinsdag laas omstreeks 20:45 by haar huis in Smithstraat, Modimolle, gesien. Sy is vermoedelik saam met haar neef, Willie Roets (34), berig Missing Children. Hulle reis moontlik in ‘n wit Isuzu-bakkie met die registrasienommer BYM845L. Die bakkie het glo ‘n stukkende lig en ‘n skraap en ‘n duik links agter. Sy het ‘n wit en pers baadjie en ‘n pienk broek aangehad. Indien jy weet waar Bernadine haarself bevind, tree asseblief met ao. Murray by die Modimolle-polisiestasie in verbinding: 014 718 1130.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.