15 mense sterf in gru-ongeluk; paramedici kry traumaberading

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Familielede moes Saterdag 15 mense se liggame uitken wat in ʼn ongeluk in Mpumalanga omgekom het.

“Familielede kom al van vroegoggend na die Klipfontein-polisielykshuis in Witbank,” het Mmusi Moeti, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Die ongeluk het Vrydagmiddag op die R555 tussen Witbank en Ogies plaasgevind. Vyftien mense, waaronder drie kinders, is dood toe ʼn minibus taxi en ʼn vragmotor mekaar naby Blackhill in Mpumalanga reg van voor getref het. Die kinders was glo tussen drie en ses jaar oud.

Slegs twee mense het die ongeluk oorleef. Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen en ʼn vrou, die enigste oorlewende uit die taxi, is in ʼn kritieke toestand by Cosmos Life-hospitaal in Witbank.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê van die liggame is uitmekaar geruk tydens die impak. Hy sê verskeie paramedici moes Saterdag traumaberading ontvang weens die aard van die ongeluk.

Die taxi was glo van Germiston in Gauteng onderweg na Ogies en die vragmotor het in Witbank se rigting gery.

Moeti sê dit was moontlik ʼn menslike fout wat die ongeluk veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hennie ·

Die rede vir sulke grusame ongelukke is omrede lisensies gekoop word en nie verdien word nie!!!

Paul Smith ·

Meeste van hulle, indien nie almal nie, kan nie afstand skat nie en dit is waar menslike foute vandaan kom!!

Kassie du preez ·

Ek stem saam met Paul , dit is blatante menslike foute , ek sien dit oral .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.