15 rowers skiet glo 2 polisiemanne

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee polisiebeamptes van KwaZulu-Natal se Midlands-gebied is Sondag geskiet en gewond nadat ʼn groep van 15 vermeende rowers op hulle losgebrand het nadat die beamptes op ʼn winkelroof reageer het.

Kapt. Thulani Zwane het Maandag gesê die voorval het in Bulwer plaasgevind. “Die groep gewapende rowers was steeds op die toneel toe die twee konstabels by die winkelsentrum opgedaag het,” het Zwane gesê. “Die konstabels is in hul bene geskiet en van hul vuurwapens beroof.”

“Die groep mans het ʼn onbekende hoeveelheid kontant, lugtydkoeponne en sjokolade gesteel voordat hulle met ʼn Colt-bakkie gevlug het.”

Zwane het gesê die groep het ook ʼn voertuig gekaap toe hulle gevlug het. Albei voertuie is later verlate gevind. Die polisie het beslag gelê op ʼn gedeelte van die gesteelde voorraad.

Die gewonde polisiebeamptes is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.