Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag bevestig 15 van sy helikopters is gehok vir roetine inspeksies.
Die polisie het vroeër in 2012 gerugte dat verskeie helikopters gehok is weens ‘n tekort aan fondse om dit te herstel, afgelag, berig EWN. Die SAPD beskik oor 37 helikopters. Lindela Mashigo, woordvoerder van die polisie, het gesê dat die polisie steeds oor ‘n voldoende aantal helikopters beskik om misdaad doeltreffend te bekamp. Hy het bygevoeg dat die polisie steeds 22 helikopters tot hul beskikking het, en dat die 15 helikopters slegs vir roetine inspeksies gehok is. Volgens Mashigo word geen provinsie hierdeur geraak nie.